GESTOLDE WORTELSLAAI
Die gestolde wortelslaai is elke keer wat ek dit maak ‘n treffer.
1 blik fyn pynappel (410 g)
1 pakkie suurlemoenjellie (80 g)
100 g (125 ml) suiker
1 ml sout
200 g (500 ml) wortels fyn gerasper
1 pakkie Orley Whip kits versiersel (125 ml)
Dreineer die sap van pynappel, dit moet goed gedreineer word.
Verhit die stroop tot kookpunt, en los jellie daarin op, laat afkoel tot dik is maar nie gestol nie.
Klits die dik jellie tot romerig, klits dan die suiker bietjie vir bietjie by.
Meng die wortels en pynappel en vou liggies in jellie in klits die Orley Whip styf en vou by wortelmengsel in.
Keer wortelmengsel uit in nat slaaivorm en plaas in koelkas. Verkieslik oornag. Keer uit op bord.
Wenk ek gebruik ‘n die harde slaaivorms of ‘n glas bak om slaai in te stol die sagte vorm werk nie baie goed nie, en ek spuit die vorm met spray en cook.
Foto en resep: Elsa Hattingh
Elize de Kock
Ek maak dieselfde resep, nooit ‘n flop nie, ek gebruik gewone room en gooi by 1 teelepel wit peper en 175 ml fyn gerasperde Cheddar kaas. Res van die resep dieselfde.
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.