KNOFFELSLAKKE
Ek het knoffel botter gesmelt, ‘n blikkie slakke by gevoeg! lekker gebraai in knoffel botter toe bietjie knoffel stukkie by gegooi en ook bietjie sout! Braai net deur. Toe het ek bietjie wit uie sop poeier gaan gemaak met melk en by gegooi!! kook tot dik! Die hoeveelheid hang af van die hoeveelheid bakkies jy wil vol maak.
Skep in slakke bakkie en sit bietjie gerasperde kaas bo oor!!
Sit in die oond onder grill tot kaas gesmelt is.
baie baie lekker.
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuys








