Almal het so gepraat oor die bloubessies die afgelope paar dae, dat besluit ek om ‘n kaaskoek met ‘n bloubessie sousie te maak. As jy nie van die bloubessie hou nie kan jy hom vervang met kersies, aarbie, passionfruit, raspberries. My resep is Tyler Florence s’n wat ek al ‘n hele paar jaar maak.
Kors
2 koppie fyn digestive krummels
½ teelepel fyn pypkaneel ( kan uitgelos word…..ek doen )
120 g botter gesmelt
Vulsel
2 x 8 oz pakkies roomkaas ( 2 x 230 g)
3 eiers
1 koppie suiker
2 koppie suurroom ( smetana )
1 suurlemoen se zest
1 teelepel vanilla essence
Topping
2 ½ koppies bloubessies
zest en sap van een suurlemoen ( ek proe hoeveel suurlemoen sap ek wil byvoeg. Vir my werk so ½ suurlemoen. )
2 eetlepels suiker
Voorverhit die oond na 325 grade F ( 160º C )
Voer die base van ‘n 24 cm los boom pan met waspapier uit.
In ‘n aparte bak, meng die bestandele van die kors saam. Moenie al die botter op een slag byvoeg nie. Voeg net genoeg by sodat hy mooi klam is.
Gooi in die pan en druk vas op die base en so 2cm teen die kant op.
Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
In die bak van ‘n elektriese menger, klop die roomkaas op ‘n lae spoed vir 1 minuut tot glad en vry van enige klontjies.
Voeg die eiers 1 op ‘n slag by, en klits tot goed gemeng na elke byvoeging.
Voeg die suiker geleidelik by en klits tot romerig….so 1 tot 2 min.
Voeg die suurroom, lemon zest en vanilla by.
Onthou om die kant van die bak elke nou en dan af te skraap.
Plaas die koekpan op ‘n groot stuk foil en vou die kante van die foil op om teen die kante van die koekpan op te kom. ( ek gebruik 2 stukke
Plaas die pan nou in ‘n groot genoeg oondpan, want daar gaan water ingegooi word.
Skep die vulsel van die roomkaas oor die kors.
Giet kookwater in die oondpan totdat die water omtrent halfpad teen die kante van die kaaskoek pan opkom; die foelie sal voorkom dat die water insypel en die kors bederf.
Bak die kaaskoek vir ongeveer 45 min. Hy stol nie styf nie en daar sal nog ‘n “jiggle” wees. Eers as dit koud is sal dit styf gestol lyk. ( ek het myne al 2 x 5 min langer ingehad as hy vir my nog te los gelyk het. )
Verwyder van die oond en laat afkoel in die bak water. Sodra dit koud is plaas in die yskas totdat benodig. ( ek maak myne die vorige dag )
Voeg die al die bestandele vir die topping in ‘n klein potjie en prut oor medium hitte vir 5 minute of totdat die vrugte effens begin af te breek. Laat eers goed afkoel voordat dit oor kaaskoek gegooi word.
Foto en resep: Wilanda Räsänen









Geskuif
Wilanda Räsänen
Ek bak altyd Tyler Florence se kaaskoek en hy is heerlik. Ek vou twee lae foelie aan die buitekant van my pan en plaas dit dan in ‘n oondvaste bak. Gooi dan kookwater in sodat dit ten minste halfpad opkom. Dit laat hom meer egalig bak. Haal dan uit die oond en los dat dit in die pan met water afkoel. Daarna kan hy yskas toe gaan totdat jy dit wil opdien. Die resep wat ek gebruik op die blog en hy kry ‘n bloubessie topping