BRANDEWYNTERTJIES
BESLAG:
250 g dadels
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
250 ml witsuiker
60 ml botter of margarien
1 eier
375 ml koekmeel
2 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml gekapte neute
STROOP:
300 ml witsuiker
250 ml water
15 ml botter of margarien
100 ml brandewyn
2 ml vanilla geursel
Sny dadels fyn en strooi die koeksoda oor. Giet die kookwater oor en laat staan om af te koel en sag te word. Meng suiker en botter goed. Voeg die eier by en meng. Voeg hierdie mengsel by die dadelmengsel. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer dit by die dadelmengsel in. Roer ook die neute in. Spuit klein kolwyntjiepannetjies en skep twee derdes vol beslag. Bak ongeveer 15 tot 20 min by 180°C tot mooi bruin en gaar.
STROOP: Kook suiker, water, botter en sout 5 min saam. Haal van stoof af en voeg brandewyn en vanielje by. Dompel warm tertjies in stroop. Laat afkoel.
Resep en foto: Elda Steyn Langenhoven









geskuif