

KAASPOFFERTJIES – CHEESE SCONES
‘n Heerlike “speel resep. Ons gebruik hierdie resep al jare in ons familie…tradisioneel op Kersoggend na kerk en voor geskenketyd maar elkeen maak dit maar sy of haar eie.
Hierdie is so maklik en neem omtrent ‘n halfuur van begin tot einde en kan maklik aangepas word na gelang van hoeveelheid verlang. Maak so 12 gewone “muffin” grootte of 24 mini muffins.
1 koppie meel
1 koppie gerasperde cheddar kaas
2 teelepels bakpoeier
sout
½ teelepels rooipeper
knypie paprika
1 eier
± 1 koppie melk
Sous:
paar eetlepels botter
1 eetlepel (of meer) Marmite
Meng alles sommer gelyk saam tot slapdeeg en skep lepelsvol in muffin panne (so ¾ vol of selfs voller).
Bak vir 10 – 15 min tot goudbruin teen 180ºC.
Meng die botter met die marmite en smelt saam.
Gooi mildelik oor warm poffertjies nadat dit in bedienbak gesit is.
Wenke:
Hierdie resep is regtig baie veelsydig.
Mens kan ander elemente byvoeg soos bv bacon bits.
Sonder die sous vries hulle baie goed.
Kaas kan ook vermeerder word of verminder word na gelang van smaak.
Die botter sous kan ook heel weggelaat word en dan word botter op die warm poffertjies gesmeer.
Lekker speel.
Resep ingestuur deur Linda van Zyl






