Hoender porsies, dye en borstukke, geur effens met geursout. Pak in prutpot, voeg nou groente van jou keuse by, ek verkies vars soos patty pans, baby marrows, wortels, aartappels en butternut kan ook patats byvoeg. Gevriesde groente werk ook goed.
Meng nou 1 pakkie Wit Uiesoppoeier met blikkie Mushroomsop en gooi oor die hoender en groente.
Voeg nou ook 1 koppie gevriede ertjies by.
Ek het ook vars knoffel by gevoeg.
Sit Prutpot op laag vir heeldag, 8 ure.
Baie lekker lang sousie saam met die hoender en groente.
Lekker stampkoring is net die ding om saam met die hoender te bedien
BRON- Jessie Maritz-Vermeulen








