Bestandele
1 Ui fyngekap en 1 – 2 koppies gesnipperd groenbone, opgekook (of gisteraand se oorskiet)
1 ½ koppies Abundant Life Cake Flour
1 tl (opgehoop) Bakpoeier
2 Eiers
¾ koppie lactose free melk
*Sout, peper en speserye na smaak
Canola Olie vir vlak braai
Metode
1. Meng meel, bakpoeier en speserye goed saam.
2. Meng melk en eiers los deur.
3. Voeg helfte van eiermengsel by meelmengsel en meng.
4. Voeg res van eiermengsel by tot ‘n ‘stywe’ slap beslag vorm.
5. Voeg groenbone en uie by en meng goed deur.
6. *Skep opgehoopte eetlepel grote beslag in pan en vlakbraai in matige warm olie tot goudbruin en deur gaar
Of
Vlakbraai in matige warm olie tot bruin, skep uit op handdoekpapier om olie te absorber en sit in vuurvaste bak, oop, vir 10 – 15 minute, of tot deur gaar , in oond by 180C
*Notas
Ek het sout, paprika, bietjie turmeric en mix herbs bygevoeg – peper werk ook altyd goed saam met bone.
Ek hou nie van olierige kos nie, so het dit net albei kante bruin gebraai en in oond verder laat gaar word.
‘n Bietjie Aromat is heerlik oor nadat dit klaar gebak is.
Afhangende van hoeveel bone jy insit, kom daar ongeveer 12+ poffertjies uit.
BRON- Lindi Erasmus