Liesel Joubert Russell
Of n knoffelbrood en mengelslaai of n lekker pot brood.
Verna Eva Els
Maak putu pap met spek, sampioene en mielies in met ‘n lekker uie en tamatie sous. Het dit 1 keer gemaak en die pot was leeg na die braai.
Liezl Louw
Maklike “self-saucing” broodjie – jy eet hom somer sonder botter: Meng 1 koppie room, 1 koppie melk, 1 pakkie potato bake en 2 eetlepels crushed garlic. Spuit ‘n oondbak en skep die helfte van die mengsel daarin. Maak golfball grootte balle van die gekoopte winkeldeeg en pak in bak se bodem. Giet res van die mengsel oor en bedek met gerasperde kaas. Sit in preheated oven 180ºC vir 35min. Ons het ons sn sommer in swartpot opi kole gedoen….!!! Enjoy!!!
Susan Holm
Gebruik gekoopte deeg en giet die helfte van 1/3 koppie bruinsuiker in gesmeerde dubbelpan, strooi bietjie kaas ook onder in, maak deeg bolletjies en plaas bo op suiker en kaas, giet 1 glasie room bo oor en die res van suiker, strooi kaas mildelik oor en maak toe, bak vir 1 uur by 180ºC. Klein aartappeltjies met skil gekook, halveer, voeg mayonnaise, aromat, sprietuie, meng deur en laat bietjie staan vir geure en smaakmiddels om te trou, geniet gate uit.
Deon Nieuwoudt
Probeer patat rol.
Suneth van Rensburg
In plaas van vleis braai kan jy Koftas maak en braai. Sit dit voor met flat breads of pita en tzaziki.
Kofta
30 ml Parsley, finely chopped
½ cup fresh coriander, chopped
1 onion, finely diced or grated
1 garlic clove, minced
1.5 kg lamb or beef mince
1 egg
5 ml each – ground coriander, cinnamon, paprika, cumin
Salt and pepper to taste
Mix all together and form sausage like meat balls. Push a sosatie stick through mince sausage and braai.
Karen van Wyk
Braai spek en meng met room spinasie en feta… skep op daai groot sampioene en sprinkel kaas bo oor. Druk in oond tot sampioene lekker gebak is en tadaa een lekker bykos.
Rudolph Faurie
Spinasie en feta pasteie op di kole. Maak room Spinasie soos gewoonlik, net bietjie minder sous. Laat afkoel. Voeg lekker baie feta by. N uitgerolde instant puff pastry vir deeg, en voila! Braai oor medium kole en draai gereeld sodat deeg reg deur gaar word. Vulsel kan ook verander word na ingelegde vy, camembert- en brie kaas. Drizzle net bietjie heuning oor as gaar. Lekker eet.
Rudolph Faurie
Jalapeños, sny 1 kant op sy van bo na onder en ontpit. Stop met feta en sterk cheddar. Draai toe in spek. Draai toe in dun lagie van deeg wat oor bly van spinasie pies. En braai tot mooi bruin. Dit so lekker jou oom sal jou in skryf vir master chef!
Rudolph Faurie
Barbara ek dink Putu pap is stywe pap. Krummel pap het ontstaan by Zulu nasie en slap pap by Xhosa. Putu pap eg noordelike styl van pap eet.
Maria Du Plooy
Klein aartappeltjies net net sag gekook met skil aan, in die helfde gesny! Braai twee groot stukke botter of margarien saam ui wat opgekap is met groen en rooi soetrissies, sampioene, knoffel en paprika! – sout en peper na smaak! so twee teelepels! Hang af van hoe warm disse julle eet! Vou toe in ‘n pakkie van foil, sit dit op die vuur terwyl die vleis gaar word! ! Heerlik! Strooi bietjie dill oor na die tyd! Heerlik!
Chrisna De Waal
Of ‘n aspersie knoffelbroodjie. Kry brotchens en blikkies aspersies, smeerkaas, knoffelbotter en skyfies kaas. Smeer en plak hom behoorlik, draai foelie om en sit op die rooster. Dit is heerlik!
Magda Cheyne
Bak brood en maak dan lekker braai broodtjies dit is ook baie lekker
Wilma Von Graszouw
My malvlekkerslaai.. vrek lekket saam met vleis.
1 pakkie klein malavalekkers
1 blikkie crushed pynappel ( dreineer die sous af) en
1 x 500 g griekse ongegeurde joghurt
Meng alles saam en los in yskas vir 4 tot 5 ure.
Johnny Anderson (foto ingeluit bo aan blad)
Lekker groente op die vuurtjie… dis vining en as jy nie die braai werk doen nie dan beteken dit jy hoef net dit voor te berei
Alta Britz-Snyman
Baie lekker aartappel wat dun snytjies gesny nie deur ni. Sprinkel met seesout en olyfolie bak voorverhitte oond 30min met deksel en 40min sonder deksel @ 200ºC baie lekker.








