BLOMKOOL GEREG
Gisteraand was daar ‘n program op TV gesien. Hy het die lekker blomkool dis gemaak en toe maak ek dit vanaand. Jy kook jou blomkool tot net sag, dreineer en sit in ‘n oondbak. Dan maak jy ‘n witsous en gooi dan broccoli by die witsous en kook saam tot die brocolli sag is.
Blits nou die brocolli witsous en voeg gerasperde kaas en mostert by. Gooi die sous oor die blomkool. Maak growwe broodkrummels, ek het saad brood gebruik. Gooi ‘n klompie Almonds by die broodkrummels en blits effens. Gooi dit oor die blomkool met brocolli kaassous. Bak in die oond tot die bolaag bruin is en die sous bubble. Heerlik verby. Ek het sommer net varktjoppies bygemaak.
Foto en resep aangepas deur Leanne Thurston Coetzer








