BILTONGBROOD
Hoeveelhede na smaak:
1 pak winkel brooddeeg
uie, gekap
tamaties, in blokkies gesny
sout en peper
1 pakkie potato-bake, gemeng met
melk
Braai die uie en tamietiestukkies in olie en geur met sout en peper en laat afkoel.
Rol die winkeldeeg oop op ‘n meelbestrooide oppervlakte.
Smeer die uie en tamatiemengsel oor die deeg en sit die biltong oor die hele deeg.
Rol deeg op, sny in skywe en pak rolle in oondbak.
Meng die potato-bake met die melk en giet bo-oor.
Bak in die oond teen 180°C vir ± 45 minute.
Kan kaas ook bo-oor rasper.
Marie Rheeder Troskie