Kors:
Meng meel en botter met vingers tot dit krummelrig is. Voeg koue water bietjies vir bietjies by tot jy ‘n deeg bal het. Laat dit staan vir 15 min.
Rol uit en druk dit vas in ‘n gesmeerde tertbord. Ek het twee foelie borde gebruik wat ek gesmeer het met botter en die kante netjies afgesny het en met ‘n vurk aan die kante vasgedruk. Sny ‘n sirkel waspapier uit en plaas dit bo-op die tert met ‘n paar rou boontjies (enige tipe). Bak teen 220°C vir 15 min (200°C vir waaier oonde).
Intussen berei die vulsel voor. Skil pere en haal pitte uit. Sny 3 pere in fyn stukke. Sny die ander in skyfies om bo op die tert te pak. Sny die 90 g gemmer in fyn stukkies.
Smelt die botter. Haal dit van die stoof af en meng die suiker, meel, eiers, gemmer, 1 teelepel gemmer stroop, ½ teelepel bakpoeier en die fyn gesnyde pere saam.
Vul die tert dop met die mengsel en plaas die ander peer skyfies bo-op die tert. Sprinkel bietjie bruin suiker en bak teen 180°C tot bruin (160°C vir waaier oonde). Myne het ek ingehad vir 20 min.
Resep aangepas en foto deur Ann Fischadler









geskuif