BEESSTERT POTJIE
My weergawe van die resep uit The Karan Beef Cookbook. Ek het dit in ‘n oondpan gedoen in die oond, nie potjie nie.
1 kg beesstert (sny ekstra vet weg), strooi meel oor, verbruin onder grill of op stoof.
1 groot ui – chopped – saute saam met vleis tot sag
2 kop[ies warm beef stock – gooi by vleis en uie
Voeg die volgende by:
60 ml rooi wyn (ek het baaaaieee meer ingegooi)
30 ml tamatie pasta
3 heel kruie naeltjies (ek het so ¼ teelepel fyn naeltjies en mixed spice ingegooi)
1 bay leaf
½ koppie vars tiemie, pietersielie – opgekap
sout + peper
Bedek pan, verhit tot dit begin prut en sit in baie lae oond oornag. Ek het dit teen 70 ºC vir omtrent 5 ure gedoen.
Klompie klein uitjies, worteltjies, aartappeltjies, seldery – om aan einde by te sit. (My man is nie into groente nie en ek het die seldery aan die begin bygevoeg). Erg lekker
Resep geplaas deur Petro Borchard