

LEONORE SE KONDENSMELK KAASKOEK
‘n Pakkie tennisbeskuitjies wat jy fynmaak en meng met gesmelte booter.
Druk vas op bodem van groot losboompan.
Dan meng jy 3 houertjies gladde maaskaas met twee blikke kondensmelk, koppie suiker en 125ml suurlemoensap en 2 teelepels vlapoeier.
As dit goed deurgemeng is, voeg n koppie geklitste room by. Bak by 160 grade celcius vir 40 minute. NB! vou foelie om die koekpan want daar bak n geel sous uit wat jy nie in jou oond wil he nie.
Leonore Bosman






