

VERNEUK CINNABONS
Driekwart pak gekoopte winkel brood deeg.
1 koppie sagte botter
2 eetlepels fyn kaneel
1 koppie bruinsuiker
2 eetlepels maizena ( dit help dat die mengsel nie sommer uit ooze nie)
Rol deeg uit in omtrent 20 x 30cm
Smeer botter oor. (nie tot teen die kante nie)
Meng kaneel, suiker en maizena. Sprinkel oor deeg. Rol dit bietjie vas met koekroller. Rol op soos Swissrol.
Sny in eweredige skywe en pak in gesmeerde bak.
Bak vir so 15 min by 180ºC.
VERSIERSEL:
1 bakkie roomkaas
¼ koppie botter
1 koppie versiersuiker
vanilla geursel
bietjie suurlemoensap
Giet versiersel oor sodra die rolletjies uit die oond kom.
Bron en foto: Martie Fourie Moolman






