VARKKERRIE
1 kg varkvleis blokkies
2 mediumgrootte uie, grof gekap
1 fyngemaakte knoffelhuisie
2 teelepels gemmerpoeier
1 eetlepel kerriepoeier (sterkte van jou keuse)
1 teelepel gemengde cumin en koljander poeier
2 koppies beesekstrak
sout en peper na smaak
4 medium grootte aartappels, geskil en in blokkies gesny.
Verhit bietjie olie in ‘n kastrol en verbruin die vark tot ‘n goeie goudbruin. Voeg die uie, knoffel en gemmer by en braai dit liggies tot die uie sag is. Voeg die ander speserye by en braai vir nog 1 minuut, terwyl jy aanmekaar roer. Voeg die aftreksel, sout en peper by en prut vir ongeveer 25 minute of tot die vark lekker sag is. Voeg die aartappels by en prut verder vir 20 minute. Indien verkies, kan die sous verdik word met ‘n pasta en koekmeel mengsel.
Wortels en baby-marrows kan bygevoeg word vir afwisseling.
Resep: ADRIAN OLIVIER.
Foto: Adam Cloete








