STROOP VIR PIENK YSTERVARKIES
Jeanette Martins
Jy kan gewone koek bak, en in plaas van kakao, gooi bietjie pienk (Crimson) kleursel by die stroop. Kleur ook jou klapper as jy wil deur ‘n druppel of twee kleursel by jou klapper te gooi. Doen dit in ‘n bakkie met ‘n deksel, en skud net die klapper baie goed – dit kleur maklik. Kan ek ook kry?
Marie Grobler
Klein blikkie gladde appelkoos konfyt verhit en verdun met bietjie water
5 ml rooi voedselkleursel
Klapper om in te rol
Doop die koek blokkies daarin en rol in klapper