“SPOORWEG” KOEKSISTERS
Deeg:
5 koppies koekmeel
5 teelepels bakpoeier
2 eetlepels mielieblom (maizena)
1/2 teelepels sout
2 eiers
2 eetlepels botter
1 koppie melk of karringmelk
1 koppie water
Sif droe bestanddele saam.
Vryf botter in.
Klits eiers, melk en water goed tot lig.
Voeg by droe bestanddele en meng goed deur
Laat rus vir minstens een uur.
STROOP
8 koppies suiker
4 koppies water
1/2 teelepel sout
2 eetlepels stroop
1 teelepel fyn gemmer of suurlemoensap
1 teelepel kremetart
Meng al die bestanddele en roer tot die suiker opgelos het.
Kook vir 15 minute.
Koel stroop af, deel in 2 porsies en plaas in yskas, verkieslik oornag.
Vir die resep gebruik ek sowat 750 ml (1 bottel) canola olie in ‘n diep pan. Maak die olie matig warm (ek hou my plaat op so tussen 4 en 5. Die koeksister moet so binne 4 sekondes boontoe dryf dan is die hitte reg. Draai om as dit begin bruin raak aan die onderkant.
Baie belangriik: Hou jou yskoue stroop baie naby jou pan. Haal die koeksisters uit en doop dadelik in die stroop – jy gaan waarskynlik hulp nodig he – jou man of ‘n kind. Jy sal hoor dit slurp sommer die stroop so op.
Haal dan uit die stroop en laat dit eers om ‘n rakkie le sodat die ergste stroop kan afloop. Hoop dit help.
Bron en Foto: Bernadene Daniell Prinsloo