

3 koppies koekmeel, gesif
1 teelepel fyn gemmer
3 eetlepels gouestroop
7 ml koeksoda
250 ml fyngesnyde dadels
250 g margarine
5 ml kaneel
10 ml Karamelgeursel
5 ml sout
250 ml kookwater
STROOP
6 koppies water
1 eetlepel bruinasyn
3 koppie bruinsuiker
10 ml fyn lemoenskil
Vryf botter in meel, voeg gemmer en kaneel by, meng koeksoda met kookwater. Voeg dadels en gouestroop hier by. Meng goed, voeg by meelmengsel, roer deur.
Maak stroop, laat vinning kook, voeg lepelsvol beslag in stroop, kook oor lae hitte, met deksel op, 15 tot 20 minute. Bedien met dun vla en klapper
Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Naomi van der Hyde







geskuif
Naomi van der Hyde
Dit is heerlik en hy kani flop nie as jy jou deeg op jou sous gooi moenie deksel lig nie voor hy sy tyd uit gekook het nie. Dit was smul lekker verby