Vrydagmiddagete , ontbeende springbokboud. Vra jou slagter om die boud te ontbeen en te stop met spek en dan in ‘n net te plaas. Smeer met suurlemoensap en olyfolie en vryf Ina Paarmans braaispesery oor .Plaas in ‘n groot baksakkie. Gooi 375ml sterk rooibostee in die sakkie en voeg daarby aartappels en uie en 6 skaapsterte . Maak twee gate aan die bokant van die sakkie .Bak vir drie ure teen 140 grade en voeg ‘n handvol droeperskes by na twee ure.
FRANS ODENDAAL