MAALVLEIS-PASTA MET ‘N SHERRY SOUS
VIR DIE VLEIS:
500 g maalvleis
200 g gaar macaroni (of pasta van jou keuse)
3 fyngekapte tamaties
3 lourierblare
sout en cayennepeper na smaak
Die volgende kruie mengsel saam fyngemaak:
6 kruie naeltjies
6 heel koljander korrels
6 heel all spice
6 heel cardamom pitte
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en roer die fyngemaakte kruiemengsel en die lourierblare vir ‘n paar minute daarin. Voeg die vleis saam met die sout en peper by en braai tot dit begin verbruin. Voeg die tamatie by en prut tot die tamaties sag is het. Hou eenkant.
250 g Sampioene in skyfies gesny
Braai die sampioene liggies in ‘n bietjie botter tot dit sag is en meng dit met die gaar pasta.
VIR DIE SOUS:
60 g botter
½ koppie meel
2 koppies bees aftreksel
sout en cayennepeper na smaak
1 koppie melk
2 eetlepels droë sherry
3 eetlepels gerasperde Parmesankaas
3 eetlepels gerasperde Cheddarkaas
Smelt die botter, voeg die meel by en roer vir ‘n minuut of twee. Roer die aftreksel stadig in en bring, al roerende, tot kookpunt en roer dan die sout en peper by. Roer nou die melk en die sherry in en prut vir nog ongeveer 2 minute.
Skep ‘n laag pasta onder in ‘n gesmeerde oondvaste bak, dan ‘n laag sous en volg op met ‘n laag vleis. Herhaal tot alles op is en eindig met ‘n laag sous. Druk gaatjies met ‘n lepel in die mengsel sodat van die boonste sous kan inloop na die binnekant van mengsel. Maak die sous mooi gelyk bo-op. Meng die kase en sprinkel dit bo-op. Bak by 180ºC vir ongeveer 25 minute of tot goudbruin bo-op.
Bron :ADRIAN OLIVIER.
Foto: ADAM CLOETE








