Die resep is maar eenvoudig. Dit wissel maar van die grootte pan wat jY wil gebruik ek het so 6 tot 8 koppies witbrood meel gebruik bietjie meer as knippie sout, pakkie droe gis, olie nie regtig ‘n mate nie, gaan so op gevoel so 4 eetlepels suiker, lou water vir die meng en dan 1 blikkie sweetcorn.
Dan meng j dit maar goed en knie en gooi maar nog meel by soos jy knie omdat die sweetcorn dit maar taai maak. Die deeg moet darm so wees dat dit nie meer aan die vingers vas sit nie. My pan uitgesmeer en klaar die deeg in pan gesit en toe toe gemaak en in die son onder plastiek sakkie gesit tot dit vol gerys het. Die tyd vir broodjie is gewoonlik 1 uur maar ek gaan kyk maar nader na die tyd op reg is en toets met toetspennetjie.
Sally-Ann Sachse








