Meng die meel en soppoeier goed saam met ‘n goeie klompie kaas en die fyn gemaakte neute van jou keuse. Gooi die karringmelk by en meng deeglik. Gooi oor in ‘n klein broodpannetjie en bak by 180ºC vir een uur of tot ‘n tandestokkie droog uitkom
ADAM CLOETE.










Ek het die heerlike broodjie ‘n paar dae gelede gebak. Ek het nie neute of rosyntjies gehad nie, toe het ek so 100gram swart olywe opgesnipper en ingegooi. Ook nie karringmelk nie, maar wel Maas gebruik. Die deeg was baie styf en toe smyt ek ‘n bietjie van die “brine” waarin die olywe was in. Dis ‘n baie lekker broodjie.
Ek strooi ook soms ‘n bietjie kaas bo-op. Dit maak dat die bokant lekker goudbruin bak.