


GIDEON SE BRAAI PIE
toeknyp rooster
2 rolle puff pastry
spinasie
kaas en feta kaas
1 ui gekerf
sampioene, gekerf
bacon/ham/hoender/biltong
olywe
pepperdew
Maak so:
Was en droog jou spinasie mooi sommer in ‘n blaarslaai spinner.
Rol een deeg uit, los dit sommer op die plastic velletjie.
Pak spinasie op maar los bietjie spasie oop aan al die kante. Dan pak jy alles wat jy besluit om in te sit met alles en al en dan pak jy weer die spinasie blare bo op dit en dan jou ander rol deeg en dan seël jy dit aan die kante, dan sit jy hom op jou toeknyp rooster en haal die plastiek af. Moenie te styf vasknyp nie. Sit op die braaier se rooster en kyk maar net na jou hitte. Die pie vat dan gewoonlik so 15 min as die vuur mooi saam speel.
Raad van Gideon Louw: daar issie ‘n resep nie, jy kan enigiets in jou braai paaaitjie sit, maar daar is ‘n paar belangrike goed wat jy moet onthou. Sorg dat jou kole nie te warm is nie, anders kan dit maklik brand. As jy die braai paai klaar gemaak het, vat dit onmiddelik kole toe, jy moet amper nie die deeg uitrol nie ek rol dit net effens in die lengte uit. //moenie die rooster toeknyp nie, as jy dit omdraai lig die boonste deel staaaaaaaasssssdig op en druk die deeg wat deur die draad van die rooster gegaan het, liggies terug. Draai kort-kort om aan die begin en lig elke keer die boonste rooster staaaaaadig op en kyk dat dit nie vassit nie. Laat die boonste rooster regop bly staan sodat dit nie op die deeg bly lê nie. As jy omdraai, doen dit met ‘n vinnige flip nie, swaai beweging nie.
Die spinasie blare wat gebruik word, moet afgedroog word met handdoekrol sodat dit nie nat is nie sorg dat die filling nie baie vog in het nie soos bv in die geval van sampioene en uie sorg dat die rante reg in die rondte goed vasgedruk is al hierie faktore is baaaaaie belangrik en moet nou keurig uitgevoer word
FeF Francois Gericke:
Ek sit my deeg so paar ure in yskas dan is dit fermer en breek nie so maklik nie. Ek verf een binnekant met mosterdsous en die ander kant met chutney (nes my braaibroodjies). Dit gee ‘n heerlike smaak. My laaste een het ek met bacon, sampioene, klein blokkies gebraaide Russians, feta, olywe, gerasperde cheddar en spinasie gemaak. Dit was ‘n wenner.
Gideon Louw:
Vanaand se braaipaai was vir my baaaaie lekker!
Ons het net een vel skilferkors deeg gebruik, want dit is altyd te veel vir my en vroulief.
Die een vel deeg in twee gedeel en effens uitgerol en gevul met ‘n laag chedder kaas wat ek met my draaibroodsnymasjien in velle gesny het.
En dit was die eerste laag.
Gevolg deur gesmoorde uie en sampioene.
Gevolg deur ‘n laag klein gekerfde biltong plus minus 300 g.
Gevolg deur ‘n laag gerasperde mosserella kaas.
Gevolg deur die ander halwe vel deeg.
Die randte is gesmeer met geklitste eier en vasgedruk met ‘n vurk en die hele deeg ook gesmeer met geklitste eier.
Ek het nie spinasie gebruik nie.
En dit gebraai vir ‘n uur lank op medium skerp kole.
Hmmmmmmmmmmm was djeerlik!
Foto: Gideon Louw







Het Gideon se braai pie gemaak, lekkerste braai bykosse ooit !