Smelt die botter in ’n kastrol, voeg die suiker by en roer tot goudkleurig. Voeg die melk by en laat kook.
Meng die meel met twee eetlepels water en roer dit by die warm melkmengsel in. Roer oor matige hitte vir ’n paar minute tot dit verdik. Gooi in klein bakkies of ramekins en laat effens afkoel. Skep die malvalekkers bo-op.
WENK
Sit die poedings ’n paar sekondes onder ’n warm oondrooster sodat die malvalekkers verbruin en strooi dan ’n bietjie versiersuiker oor.
Nota:
Ek dink mens kan self bietjie choc chip insit en sjokolade oor smelt dit sal net so lekker wees.
Ek het ook die marshmallows in die dwarste gesny en halwes op gesit.
Resep geplaas en aangepas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans








