Lewer 30 blokkies
227 g taaitoffies en/of karameltoffies
125 g botter 200 g malvalekkers, kleiner gesny
200 g rysvlokkies
Smeer ’n koekpan van 30 x 20 cm 1 plaas die toffies in ’n glasbak en mikrogolf 2 minute op hoog. Roer goed tot dietoffies gesmelt het.
Voeg die botter en gesnyde malvalekkers by en mikrogolf nog 1½ minute op hoog. Roer met ’n houtlepel tot die mengsel gesmelt het
Voeg die rysvlokkies by en meng goed tot die vlokkies goed met die toffiemengsel bedek is.
Skep die mengsel in die pan. Maak dit bo-op gelyk met die agterkant van ’n natgemaakte lepel en laatafkoel. Sny in netjies blokkies.
Foto: Marie Grobler









Geskuif