RESEP VIR KOUE HANDE EN VOETE
Ek het ongelukkig nie n foto nie, want by ons is dit nou somer en ek maak dit in die winter, maar hier is die resep vir koue hande en voete.
n Halwe Appel
1 Eetlepel gerasperde Gemmer
1 Teelepel Kaneel
100ml Olie
10g Byewax
Maak die olie warm in n pot en rasper die Appel daarin asook die Gemmer en Kaneel.
Kook n halfuur op lae hitte.
Filter daarna deur n sif en sit in n pot.
Voeg Byewax by en maak warm tot die wax gesmelt is.
Goei in n potjie.
Masseer die hande en voete daarmee sodat die sirkulasie in swang kom. Trek lekker dik kouse aan. Ek bly in die Alpe en ons gebruik dit hier.
BRON- Beatrice Trisha Diepold








