PAMPOENTERT MET MARSHMALLOWS
KORS:
1 1/4 kop. Gemmerbeskuitjies.
1/3 koppie bruin suiker
1/3 koppie gesmelte botter
Maak die beskuitjies fyn en meng met die bruin suiker en die botter. Druk vas op die boom en kante van n tert bak en bak 10 minute by 180 grade C
VULSEL:
2 1/2 koppie gekookte en fyngemaakte butternut pampoen
1/2 koppie bruin suiker
2 eiers geklits
1/2 koppie room
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel kaneel
1/2 teelepel neut muskaat
1/4 teelepel gemaalde gemmer
1/2 teelepel vanielje ekstract
Meng alles saam en skep in tertkors.Bak vir 30 minute of tot net geset.Gooi ‘n pak marsmallows bo oor en bak vir nog 10 minute of tot net gesmelt en begin verbruin. Julle moet hom oppas want daardie marsmallows brand baie maklik.
Ook baie lekker met geel patats i p v pampoen.








