OMELET PIZZA
6 eiers geklits met ongeveer 100ml koue water
1/2 ui gekap en in botter gebraai saam met
1/4 green pepper
5 sampioene opgesny
2 snye ham in klein blokkies gesny
1 tamatie in blokkies gesny
1 koppie gerasperde kaas
Sout en peper na smaak
Laat ‘n blokkie botter in jou “non stick” eier pan smelt en gooi dan jou geklitste eier en water mengsel in oor stadige hitte. Wanneer die eiermengsel do amper gestol het, voeg dan die gebraaide uie, green pepper, sampioene, tamatie en ham by en maak seker dat jy dit eweredig oor die hele ommelet versprei.
Voeg dan sout en oeper by na smaak en sprinkel die kaas bo-oor. Sit weer die deksel op sodat die eier heeltemaal kan stol en die groente goed warm word en die kaas lekker smelt.
Sny in kwarte en bedien saam met rooster brood en lemoensap.
Bron: Rosemarie Maytham








