SORIA SE BILTONG POTJIE
So bietjie anders
½ kg biltong
500 g pasta skulpies
250 g pakkie gesnyde sampioene
2 uie, fyngesny
1 rooi en 1 groen soetrissie, gekap
olie
250 ml room
500 ml vleisekstrak
400 g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by, onthou potjie moet nog op vuur wees, dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir ± 5 minute. Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy jou eie verbeelding byvoeg.
Geplaas deur Soria van Lier