MARIE BESKUITJIE ROL-MARIMEL
1 blik karamel(Pot of Gold.. Dis donkerder),
1 pak Marie Beskuitjies
halwe Aero (mint) gerasper
Smeer al die koekies met karamel, pak op mekaar, smeer die rol met orige karamel en sy het die Areo oor die rol gesprinkel
Sit hom in kleefplasiek en in die yskas oornag of vir ‘n paar uur… voor jy hom versier… Dit help dat die koekies sag word en dit mooi bymekaar bly. Smeer dan die karamel om die rol en versier met die areo…
Sny skeef van een kant na ander kant. (sien skets) en bedien
Foto: Rio Judy Canovi Brand









