500 g margarien
1.5 k bruinsuiker
500 ml karringmelk
2 eiers
1 kg bruismeel
1 ml bakpoeier
knippie sout en
5 weetbix blokkies, fyn gebreek
Smelt margarien en roer die suiker by tot amper opgelos.
Klits karringmelk en eiers saam.
Meng al die droë bestanddele.
Meng nou die margarien-, karringmelkmengsel en droë bestanddele saam.
Spuit 3 x 2lt roomys bakke.
Verdeel die mengsel tussen die drie bakke.
Sit elke bak vir 10 min op hoog in die mikrogolfoond.
NIE LANGER NIE!! Droog uit in gewone oond!
Baie, baie lekker. Moet dit elke week maak vir my gesin!-Esmerilda Hanekom”
Trynie Pretorius:
My GROWWE variasie van die Karringmelkbeskuit in die Mikrogolf-oond:
Ek het die basiese resep gebruik en die volgende bygevoeg:
2 K Semels
125 ml sonneblomsaad
100 ml sesamesaad
50 ml poppysaad
2 t anys
1 eier (dus 3 eiers altesaam)
Die baktyd het ek met een minuut vermeerder na 11 minute.









Trynie Pretorius:
My GROWWE variasie van die Karringmelkbeskuit in die Mikrogolf-oond:
Ek het die basiese resep gebruik en die volgende bygevoeg:
2K Semels
125ml sonneblomsaad
100ml sesamesaad
50ml poppysaad
2t anys
1 eier (dus 3 eiers altesaam)
Die baktyd het ek met een minuut vermeerder na 11 minute.
Karringmelkbeskuitresep in mikrogolfoond is n wenner. Baie lekker.