MAALVLEIS OONDGEBAK
Ek het hierdie resep op Zip list gekry maar hom toe verwerk met wat ek in die huis gehad het. Dit was ons aandete en die manne se response was “HEERLIK”! Die zip list resep was met chilli Italian sausages maar ek het dit met maalvleis gemaak.
Dis n ontbyt casserol maar het ons aandete geword so nou herdoop ons hom na: MAALVLEIS OONDGEBAK
1 kg maalvleis
1 medium wit ui, gekap
2 teelepels rissiepoeier, of na smaak
1 eetlepel blatjang
sout na smaak
1 botteljie winkelgekoopte rooi capsicum of vars gekap
3 knoffelhuisies, gekap
2 koppies gerasperde Cheddar kaas
6 eiers
½ koppie melk
1 groot pak gevriesde Hashbrowns ontvries
Braai die maalvleis in die speserye in ‘n bietjie olyfolie tot bruin en skep uit.
Braai die ui en knoffel en rooi capsicum (as jy vars gebruik) in dieselfde pan tot gaar.
Skep die maalvleis mengsel terug by die uie, en voeg die bottel rooi capsicum en die blatjang (as jy gekooptes gebruik) terug by die uie. Klits die eiers en melk saam en gooi saam met die helfte van die kaas by die maalvleis. Breek die Hashbrowns in stukkies en gooi by. Roer deur en skep in ‘n gesmeerde oondbak en gooi die res van die kaas oor. Bak vir 30-40 minute of tot gaar en gestol en goudbruin. (myne was amper te lank in)
Bedien met suurroom, gekapte groen uitjies en advodado.
Foto en resep geplaas deur Hettie Bezuidenhout








