HEERLIKE ROLKOEK
Baie lekker-het dit gister weer gebak.
4 groot eiers geskei
50 ml koue water
250 ml strooisuiker
250 ml ongesifte koekmeel
5 ml bakpoeier, knypie sout
5 ml vanilla geursel ( ek gebruik suurlemoengeursel) appelkooskonfyt vir smeer.
Smeer rolkoekpan en voer uit met waspapier, smeer die waspapier ook en strooi met koekmeel. Skud oortollige meel uit.
Klits eiergele, water en strooisuiker tot bleekgeel en sponsagtig dik.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits eierwitte styf. ( Nie te styf nie)
Vou meel met metaal lepel stadig in eiergeelmengsel in. Daarna word die eierwitte ook versigtig ingevou. Skep uit in pan, maak gelyk en bak 12 minute. Wanneer gaar, keer uit op ‘n klam vadoek wat goed met strooisuiker besprinkel is.
Rol met vadoek en al op. Laat vir 4-5 minute staan. Rol af en smeer konfyt oor. Rol weer met behulp van vadoek op. Laat afkoel en geniet.
Kan ook gekookte kondensmelk in smeer, indien verkies.
Sny die kante af dan lyk die koek net mooier.
Resep geplaas deur Anet Grove