

LEKKER BYKOSSE BY KERRIE
Mariette Visser
My ouma het altyd vir ons hierdie storietjie aanmekaar geslaan as die kerrie so bietjie aan die warm kant was…….ons eet dit vandag nogsteeds so saam. Wat jy dit noem, weet ek glad nie, maar dit is heerlik! Rasper appel en komkommer en meng met bietjie mayonnaise.
Rina Kleinhans
lekker tamatie-komkommer-uie salsa[sambal]
Blatjang, piesangs, Klapper en natuurlik n lekker broodbord eenkant op die tafel, met vars broodrolletjies
Christabel Garisch
Hier 5 goed is altyd op my tafel…Bulghaarse Yoghurt Mrs. Balls Chutney, klapper
En dan ‘n sambals wat gemaak is van vars gesnipperde Danhia, ryp tamatie. En rooi uie. Alles fyn klein blokkies opgekap geur Bruin asyn, sout en peper, mens noem dit sambals. ‘N lekker naan brood is ook altyd ‘n wenner!
Louise Groenewald
Alhoewel dit Grieks is en dus nie tradisioneel saam met ons kerries nie, maak ek altyd Tzakziki saam met my kerrie. Griekse jogurt, gerasperde komkommer(sit in sif dat vloeistof kan drain), sout, peper, vars knoffel, bietjie olyfolie.
Mosterdsaad en Klapperstrooisel
3 eetlepels klapper
1 eetlepel swart mosterdsaad
1 eetlepel olie
Verhit die olie met die mosterdsaad in ‘n kastrolletjie. Die mosterdsaad gaan woes begin skiet – sorg dus dat jy ‘n deksel byderhand het.
Voeg die klapper by sodra die mosterdsaad begin skiet en roer dit oor stadige hitte. Hou dit fyn dop, want dit brand gou aan.
Sodra die klapper goudbruin is, is dit reg! Dit het ‘n heerlike geur Dis baie lekker oor groente, gewone witrys of Kerrie.






