KLEIN HOENDERPASTEITJIES ALA RINDI
KORS:
2 koppies koekmeel
15 ml kerriepoeier
10 ml bakpoeier
3 ml sout
100 g kaas fyngerasper
7 eetlepels yswater
VULSEL:
500 g gaar fyn hoenderstukkies (verwyder alle bene en velle)
4 kruienaeltjies
2 eetlepels botter
1 pakkie wituiesoppoeier
peper na smaak
375 ml melk
1 pakkie spek
Paprika – bo-op
Sif koekmeel – kerriepoeier- en peper saam. Vryf botter in meelmengsel – voeg kaas by. Sny die yswater in meelmengsel. Vorm n stywe deeg -laat rus. Kook tot sag verwyder velle en bene. Maak n witsous met soppoeier, botter, peper en melk – sout na smaak -nie regtig nodig oor soppoeier. Braai 1 pakkie “bacon” sny fyn. Meng vleis en witsous goed. Laat afkoel. Smeer kolwyntjiepannetjie Rol deeg dun uit druk sirkels. Groter en kleineres vir dekseltjies. Druk in gesmeerde pannetjie.
Vul met hoendervulsel. Plaas dekseltje op. Verf met ‘n bietjie melk – Strooi paprika bo-oor.
Bak vir 15 – 20 minute by 220 ºC. Laat afkoel en haal uit.
Aangepaste resep uit Uitsoekresepte – Annette Human
Foto: Rindi Scheepers-Becker








