KERRIEBOONTJIE MAALTYD VAN WIT BOONTJIES
Weet nie of jul kerrieboontjies ken nie – Week die klein wit boontjies oornag in water die volgende dag vat jy net vleis,speserye.sout, uie en klein wit boontjies wat oornag geweek is. Braai die uie bietjie en sit die vleis by, braai bietjie bruin sit nou jou boontjies, speserye, sout en peper by, en bietjie water. Kook tot die vleis sag is en die boontjies gaar en sag.
Wanneer gaar meng 1 teel kerriepoeier, 1 teel borrie, 3 teel suiker en bietjie asyn met bietjie water en voeg by.
Kook deur. Bedien op rys.
BRON- Sophia Bester Agenbag








