Braai die uie en knoffelhuisies saam.
Voeg die lamsblokkies, gesnyde sampioene en tamatiepasta by en braai nog tot bruin.
Giet die vleisaftreksel en bier by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Verlaag hitte en laat prut tot sag en sous dik is.
(Ek hou daarvan om maar bietjie bevrore groentes by te voeg vir daai spesiale kleur – en ook vars kruie.)








