Smelt botter in ‘n kastrol, voeg dan meel by en kook dit vir 2 minute terwyl jy aanhoudend roer. Wanneer dit begin verkleur, voeg melk by en bring tot kookpunt.
Roer AANHOUDEND, sodat dit nie klonte maak nie. Voeg aftreksel, neutmuskaat, koljander en sout en peper by.
Prut vir ongeveer 10 minute en roer aanhoudend, totdat dit verdik en glad is. Voeg room en biltongpoeier by en verhit vir ‘n paar minute.
Verwyder van hitte, voeg kaas by en roer goed deur.
Ek het geprosesseerde kaas gebruik en dit werk net so goed.
RESEP EN FOTO: Jeanette Martins
2de foto: Chantelle Saayman
Nota: Omdat biltong poeier souterig is proe eers voordat jy nog sout by voeg.










Dankie Rina dit help baie
Ek wil graag hoor. Hoeveel porsies lewer hierdie resep?
Hallo Dawn, dit is ongeveer 3 liter sop as dit klaar is, nou hang dit seker af hoe groot jou porsies is, maar vir ‘n hoofmaal sal ek se gemaklik 6 en as voorgereg ongeveer 8. Hoop dit help