Ek het vanoggend die bran beskuit met die liter room gebak. (Was die week op die blad) Ter wille van die boude het ek die liter room vervang met 1kg griekse joghurt. Dit het perfek uitgekom. Dit lyk op die foto rouerig maar dit is nie. Baie lig uitgebak. Let wel: ek het die semelryke bruismeel gebruik
Meng:
1 Kg semelryke Bruismeel
1 Pak Semels (350g)
Sout
Meng:
500 g gesmelte Margarien met
1 ½ k Bruin suiker en dan
1 kg Griekse joghurt
Meng alles saam en bak vir 40 minute by 180º. (Beskuit lyk rou maar is nie.) sny en droog uit.
Maria Liebenberg dis rerig super maklik. Ek het die nat gemeng en die droog apart en toe bymekaar
Maria Liebenberg my pan is 25×40 cm en daar kom 10×5 beskuite uit. So die beskuite is 5cm breed en 8cm lank
(Oorsprong onbekend)
FOTO- Marie Liebenberg
DISCLAIMER
Disclaimer | We do not claim that these recipe are proprietary to us. We have just found these over the web. If this is yours and you would like it to be removed and not shared with others, please feel free to let us know









Mariaan Hartman
Rina, ekt presies dieselfde resep. Ek gooi partykeer n hand vol pampoensade by. Dis heerlik.
Ek’s mal oor die dubbel semel van die resep. Ek verkies natuurlik die room, maar die Griekse yoghurt doen ook die ding! Volgende keer gaan ek maar liewer nie my Kenwood gebruik nie, maar liewer met die hand meng, want my beskuit rys nie, maar proe gelukkig nog lekker ten spyte daarvan.