VISPAKKIE
Ek gebruik my geen gis pizza degie (veeldoelig) wat op die blog is, maak dit aan en laat rus in die yskas. Saam met ‘n blikkie Pilchards in tamatiesous gebruik ek ook ‘n blikkie baked beans. Dis nog nie genoeg nie, so ek kap gou ‘n ui fyn, skil ‘n paar aartappels en sny dit in blokkies.
Terwyl ek die aartappels sag mikrogolf, braai ek die ui en gooi eers die pilchards se sous by die uie in die pan saam met die baked beans en laat dit prut tot die vloeistof so bietjie verminder het. Dan kom die pilchards in en ek druk hulle sommer so rofweg in stukke en meng deur die boontjies en daarna die gaar aartappels.
Die deeg rol ek langwerpig uit en plaas dit op ‘n uitgevoerde bakplaat, skep die vismengsel daarin en vou dit toe soos ‘n pakkie. Verf met eier en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.
Bron en foto: Adam Cloete








