HEERLIKE KLAM SJOKOLADEKOEK
Ek het die resep by Christelle, ‘n vriendin gekry.
2 koppies koekmeel
1 koppie kookolie
1 koppie water
1½ koppies suiker
4 eiers geskei
2½ eetlepels kakao
1 teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel Vanillagerusel
Klits olie, water, suiker en eiergele goed.
Voeg by gesifte koekmeel, bakpoeier, kakao, sout.
Vou in styfgeklitste eierwitte.
Bak teen 180ºC vir 30-35minute.
Eetlepel – 15 ml
Koppie – 250 ml
Teelepel – 5 ml
Die koek het effens met ‘n punt gebak en gebars (ek dink ek het te veel bakpoeier in gehad) !
Ek het die beslag verdubbel in twee gesny met gare. Onderste laag gesmeer met Karamel Kondensmelk en toe Sjokolade mousse op die tweede laag en bo-op en langs die kante met die likeur sjokolade bo-op versier. O ja, skuus ek het vergeet ek het peperment sjokolade ook gerasper bo-oor. Langs 2 kante van die koek aan die onderkant is blokkies sjokolade geplak.
Resep en foto: Elna Kupke








