FRIKKADELLE EN RISOTTO
Hierie is die Louws se bydrae tot die weeklikse eenskottelgereg
Verhit 15 ml botter in n pan en braai 1 gekapte ui en 2 fyn knoffelhuisies vir 5 min.
Voeg by 10 ml koljanderpoeier en 30 ml kerriepoeier.
Braai nog 5 min. Voeg gebraaide mengsel by 500 g rou mince.
Voeg handvol vars gekapte koljander, 1 eier en sout/peper by (stadig met die sout hier, ander bestanddele wat later bykom is ook souterig).
Vorm klein frikadelle. Verhit 30 ml olyfolie in ‘n pot en braai frikadelle tot gaar vir ongeveer 8 min. Hou eenkant.
Risotto:
Verhit 30 ml olyfolie.
Voeg gekapte ui en 2 fyn knoffelhuisies by en braai.
Voeg by 1 koppie risotto/arborio rys en braai nog 2 min.
Voeg 125 ml witwyn by en laat wegkook.
Meng 750 ml hoendraftreksel (ekt 3 knorr chicken stockpots gebruik maar Ina Paarman se stock sachets is eintlik nog geuriger…). sit by risottomengsel en bring tot kookpunt en verlaag hitte tot prut. Roer heeltyd met houtlepel vir ongeveer 25 min. Voeg dan 125 ml room en 50 g gerasperde parmesaan by en prut/roer nog 3 min. Skep frikadelle bo op risotto en garneer (ekt rooi ui, vars koljander, gerasperde mozarella en growwe swart peper gebruik).
Liezl Louw. ekt ook vergeet om te se dat die stock wat aangemaak word by die risottomengsel moet kom….maar dis seker vanselfsprekend
Foto en resep deur Die Louw’s (Gideon en kie)








