

FRANS SE SKUINSKOEK
Skuinskoek in warm olie gebak , met kaneelsuiker , kontreikos uit Namakwaland , Rooi Rose resep , maklik en goedkoop , basiese bestandele.
Sif saam
2 en half koppie koekmeel
half koppie suiker
knypie sout ,
half eetlepel kaneel
en half eetlepel kremetart
Vryf hoogvol eetlepel botter met vingers in die meel.
Klits saam
3 eetlepels melk
3 eetlepels water
en 1 teelepel koeksoda
en 2 eiers
Gooi eiermensel by die meel en meng , dit moet sag maar nie slap wees nie . Knie tot elasties , voeg nog melk by indien nodig , of meel as dit te slap is. Deel die deeg in vier en rol worse , druk plat tot 1 en half cm , sny skuins stroke so lank soos jou duim (5cm). Bak in warm olie op matige hitte plaat gestel op 4. Dit sal rys maar moet net ligbruin wees. Dreineer op handoekpapier .Rol in kaneelsuiker wanneer dit nog warm is en bedien met geklopte room en konfyt
Foto- Frans Odendaal






