SOET VULSELS VIR DOPPIES
CARAMEL EN FLAKE VULSEL :
1 Blik caramel kondensmelk
3 Flake sjokolade
Meng caramel en gekrummelde flake
Vul horinkies OF doppies met die vulsel
Baie lekker
Bron: Magda Helberg
CREMORA VULSEL:
1 koppie cremora
¼ kop kookwater
Meng b.g
Voeg by ½ blikkie kondensmelk en
¼ kop suurlemoensap
KONDENSMELK VULSEL:
1 blikkie caramel treat
Peppermint sjokolade (gerasper)
Styfgeklopte room
Gesnipperde kersie
Skep ½ teelepel sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklopte room en kersie bo-op
LEMON CURD:
2 eetlepel botter
1 koppie suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by
Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL by eiers.
Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.
Bron: Kreatiewe Kos Idees
DADEL VULSEL:
1 blik kondensmelk
250 gr dadels (fyn gesnipper)
400 ml klapper
Meng alles goed en skep in doppies.
PYNAPPEL VULSEL:
1 pynappel (gerasper)
1 teelepel botter
2 eiers
½ koppie suiker
½ koppie water
4 teelepel vlapoeier
Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by pynappel –
Kook tot gaar.
Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies
MELTERT VULSEL:
3 eetlepel koekmeel
4 kop melk
½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
3 eetlepel maizina
4 eiers
1 eetlepel botter en knippie sout
Meng maizina en meel met bietjie van die melk.
Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg vanilla en sout by.
Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel mengsel by. Kook tot gaar.
Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Skep of spuit in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor
PLASING: Lorraine – RESEPTE, WENKE EN IDEES
Ria Jacobs
Soetvulsels
1 blikkie kondensmelk
¼ blikkie suurlemoensap.
½ koppie styfgeklopte room
Meng alles saam en gebruik versiersak met punt en spuit in doppies.
Dieselfde vulsel kan gebruik word vir aarbeiterjies gooi net aarbeiekonfyt by en meng goed
Dreineer pynappels en skep fyn pynappels in skep in doppies
Granadillamoes kan ook in vulsel gemeng word. Marshmallows kan fyngesny word en gemeng word met fyn kersies in die basiese suurlemoenvulsel vir marshmallow tertjies.
Karamel met kersie bo op in doppie
Karamel met gerasperde peppermint.
Amani Essop
Ek het top deck chocolate gerasper en in die caramel gemeng. Piesang in gesit en dan die caramel.









