

URSHELA SE MELKTERT
Kors
1 pak tennisbeskuitjies
125 ml gesmelte botter
5 ml kaneel
2.5 ml nutmeg (neutmuskaat)
Smelt botter en meng met gekrummelde tennisbeskuitjies, gooi kaneel en nutmeg by en meng goed, druk dan die “deeg” in ‘n tertbak uit vir tert kors
Tert beslag
Kook 1 liter melk met 2 tlp botter en ‘n stokkie kaneel
In ‘n voedselverwerker meng:
80 ml koekmeel
80 ml maizena
1 ml sout
125 ml melk
200 ml suiker
3 eiers
5 ml vanilje
(Ek het 5 ml “frangelico” liqeur bygegooi vir n neuterige smaak, die alkohol kook uit so moenie worry nie, dis veilig vir kinders)
Sodra die melk mengsel begin kook voeg die gemengde bestanddele by en roer.
Roer tot dit dik word en soos “slap pap” prut, giet in jou tert dop en strooi kaneel oor…..en dan drink jy die res van die bottel frangelico uit en gee die tert kans om af te koel
Bron en foto: Urshela Faurie






