DROOM SJOKOLADEKOEK
Ryk, lekker, en duur!!
6 eiers geskei
1½ koppies suiker
¾ koppie warm water
3 eetlepels kakao
1½ koppie koekmeel
1 teelepel sout
1 teelepel vanilla geursel
¾ koppie olie
3 teelepels bakpoeier
Klits eiergeel en suiker tot lig.
Los kakao op in warm water en klits by eiermensgesl.
Klits olie en vanilla by.
Sif droë bestanddele saam en voeg by.
Vou styf geklitste eierwit in.
Roer met metaal lepel.
Bak 35 min by 180ºC.
Dit is baie beslag, so gebruik ‘n groot pan, anders sit jy met ‘n lekker taai -vuil oond!!
Sous:
2 koppies suiker
1 teelepel vanilla geursel
2 koppies koue water
2 groot opgehoopte eetlepels koffiepoeier
Kook 5 minute saam in Mikrogolfoond.
Giet die sous warm oor dieagterkant van ‘n groot lepel oor die warm koek,
anders breek die koek.
Bolaag
2 blikkies Karamel (gekookte kondensmelk)
2 houertjies room
2 Flakes
Wanneer koek afgekoel is, roer kondensmelk goed en smeer lekker dik bo-oor. Klits room styf en smeer oor. Krummel flake en strooi bo-oor.
Glad nie vir ons wat ons figure moet dophou nie!!! Nogal nie so vreeslik soet soos mens dink nie. Die swart koffie help so bietjie, maar baie ryk, beslis!! Lekker bak en lekker eet.
Resep en foto: At Horn