

BROCCOLI, BILTONG EN PAMPOENPIT SOP
6 medium preie in ringetjies gesny
3 medium aartappels opgesny in blokkies
500 g broccoli
Braai uie in bietjie olyfolie.
Voeg aartappels en broccoli by.
Voeg 750 liter hoenderaftreksel water by en kook in n toe pot tot groente sag is. Voeg bietjie melk by as daar te min vloeistof is. Sowat 30 min.
Haal van stoof af en gebruik n stickblender om lekker te kap. Moenie te fyn kap ni.
Plaas terug op die stoof.
Voeg nou by:
1 kop gerasperde sterk cheddarkaas
125 ml liggies geroosterde pampoenpitte wat fyner geslaan is
125 ml fyn biltong.
Kook deur tot warm.
Voeg sout, peper na smaak by.
Indien te dik voeg bietjie melk by.
Dit moet eintlik so lekker dik wees.
Hoop julle geniet!
BRON- Bernadene Daniell Prinsloo






