4 groot aartappels, ongeskil
100 g botter, gesmelt
1 pakkie bruinuiesoppoeier
halwe t knoffelsout
2 tamaties, in skyfies gesny
1 ui, in dun skyfies gesny
Stel oond op 180 G Celsius
1. Skrop aartappel skoon.
2. Sny in dik skywe, maar nie heeltemal deur nie.
3. Meng botter, soppoeier en knoffelsout en smeer van die mengsel tussen elke skyfie.
4.Sit tamatie- en uieskyfies tussen aartappelskywe. Jy kan tamatie- en uieskyfies in helfte sny as dit beter tussen aartappelskywe pas.
5. Plaas in oondbak en bedek met foelie. Bak vir 90 minute.
6. Verwyder foelie, smeer bietjie olie bo-oor en bak nog 30 minute. Sit warm voor.
FOTO- Sharon Viljoen