WORSBREDIE IN TAMATIE RELISH
My bydrae tot die tamatie week.
2 tamaties, skille af opgesny
1 groot uie, opgekerf
½ soet groenrissie, klein gesny
1 deeltjie van ‘n knoffelhuisie, fyn gesny
± 15 ml bruin asyn
1 granny appel, klein gesny
Hier het ek my uie lekker bruin gebraai in bietjie olie.
Die res van die bestanddele bygevoeg en laat kook vir so 10 minute.
Wors bygevoeg.
Ek het toe die volgende saam gemeng en ook bygevoeg en lekker saam laat kook tot alles gaar is.
wortels, klein gesny en aartappels klein gesny
25 ml suiker
½ koppie tamatiesous
sout na smaak
knippie cayenne peper
knippie paprika
bietjie mostert
knippie all spices
Met rys bedien.
BRON- Marie Rheeder Troskie