SUURLEMOEN MERINGUE TERTJIES IN FILO DEEG
3 eiers geskei
1 blik kondensmelk
60 ml suurlemoensap
1 ml bakpoeier
50 ml witsuiker
Filo deeg
Sny filodeeg in vierkantige blokke groot genoeg om in kolwyntjie panne te pas. Gebruik so vier velletjies en smeer elke laag met gesmelte botter. Voer pannetjies daarmee uit. (Laat die deeg mekaar oorvleul.)
Klits die eiergele. Voeg die kondensmelk en sap by en klits die mengsel goed saam. Skep lepelsvol in die deeg. Klits die eierwitte styf. Klits die bakpoeier en dan bietjiesgewys die suiker. Skep lepelsvol op die vulsel. Bak die tertjies tot ligbruin
BRON- Martie Fourie Moolman